ISBN: 9780798185448 | Published: August 7, 2026 | Soft Cover
Van man tot man
Van man tot man
Dispatch as soon as the book is published on
Couldn't load pickup availability
From Man to Man word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, onder meer een deur Dorothy Driver, met 'n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.
Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié meesterstuk van Schreiner versorg en verwerk, en self 'n gepaste slothoofstuk geskryf.
Van man tot man is 'n besonder leesbare roman, en 'n belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse letterkunde. Schreiner se intelligensie en belesenheid skep die indruk van 'n kontemporêre roman, en nie van een wat sy aanvang reeds in 1873 gehad het nie.
Dit speel af in die 1860's en handel oor twee susters wat groot word op 'n plaas in die Groot-Karoo.
Die roman is uit Engels vertaal deur die bekroonde digter Antjie Krog.
Author Olive Schreiner
Share
