ISBN: 9780798185523 | Published: September 18, 2025 | Soft Cover
Al die swendelaars
Al die swendelaars
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland 'n oënskynlik doodgewone inbraaksaak digby Wildernis op sy lessenaar. Wanneer hy Ganzevlei Stables besoek, besef Arrie daar skuil 'n slinkse slang in dié misdaadtoneel se gras. Die windmaker eienaar Louis Jooste is nêrens te vinde nie, en nog minder Donna Scott, die blonde polospeler wat immer aan sy sy is.
Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie Greeff en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit 'n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?
Dié hoogs vermaaklike dog ongewone speurroman deur die meesterverteller Chris Karsten is ideale leesvermaak vir ieder en elk. Daar is kinkels en kullery en volop skelmstreke, maar soms vang slim weliswaar sy baas.
Author Chris Karsten
Share
