ISBN: 9780798185981 | Published: January 16, 2026 | Soft Cover
Die avonture van Helga Roets
Die avonture van Helga Roets
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar steeds deur 'n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper vyf jaar by Silwerhare Aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing swaar was, voel haar blyplekkie deesdae soos huis. Sy het darem nog haar motortjie waarmee sy gereeld winkel toe ry.
Soos besoek sy vriendinne of gaan sit by 'n koffiewinkel om die mense om haar te bekyk. Dit kom dus as 'n groot skok wanneer die oogarts makulêre degenerasie in albei haar oë diagnoseer. En vandeesweek is hoeka so 'n bedrywige week: twee begrafnisse, en Saterdag 'n troue in die Paarl. Ten spyte van haar kinders se teenkanting, glip Helga Dinsdag suutjies uit by die aftreeoord, bagasie gepak, reg om haar reisavontuur te begin.
Maar wie wag onder die lamppaal?
Niemand anders nie as Stefaans de Wet, so ewe van plan om haar op haar tog te vergesel - net omdat sy nie mooi kan sién nie.
Author Riaan Grobler
Share
