ISBN: 9780798186070 | Published: October 15, 2026 | Paperback
Liewe Heksie en die rotbende
Liewe Heksie en die rotbende
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Liewe Heksie se grootste avontuur nog! In hierdie splinternuwe, voorheen ongepubliseerde verhaal deur die legendariese Verna Vels, bedink die nare Geelheks van Gifappeltjieland en ’n bende honger rotte ’n plan om die kosbare Silwer Roos te steel.
Liewe Heksie en haar vriende word meegesleur in ’n dolle jaagtog om Blommeland te red, met ’n vlieënde piering wat moleste maak, ’n hondskoen wat die Gifappeltjies wil byt, en koning Rosekrans se verjaardagviering wat in chaos ontaard! Vir meer as sestig jaar het Liewe Heksie geslagte Afrikaanse lesers, jonk en oud, betower met haar herkenbare onskuld en moed.
Met haar radioprogramme, boeke en televisie-werk het Verna Vels ’n onuitwisbare wêreld van verbeelding nagelaat. Hierdie betowerende boek, met sy oorsprong in Verna se samewerking met die animasiekunstenaar Allan Cameron en Luma Animation Studios, weef al die geliefde karakters en stories saam om Liewe Heksie se tydlose towerkrag vas te vang soos nog nooit tevore nie.
Author Verna Vels
Illustrator Luma Animation Studio
Share
