Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799340754 | Published: April 1, 2011 | Paperback

Erik en die kido-dinges

Erik en die kido-dinges

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. Wanneer Erik se pa-hulle hom by die kidoteek gaan omruil vir 'n meer gehoorsame en ordentlike krulkop-dogtertjie, beland hy by Meneer en Mevrou de Kommer. Die twee bekommer hulle oor alles - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se eie gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle.

Net toe dinge onuithoudbaar begin raak by die De Kommers, ontdek hy dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem!

View full details