ISBN: 9780799346602 | Published: July 1, 2015 |
Vuurvreter
Vuurvreter
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Henno Barnard woon en werk heel rustig op sy rivierboot aan die Botswana-kant van die Chobe-rivier. Hy fotografeer die dierelewe vir 'n natuurleweprogram van die SAUK. Toe hy hoor die program word gestaak, bied die beeldskone en gevaarlike Kim Joubert, 'n vervaardiger van Johannesburg, aan om hom te kom touwys maak vir 'n nuwe afsetgebied vir sy insetsels. Sy werk is glo goed, sê sy, maar nog nie op standaard nie. Dit kort drama. Daarvan kry Henno skielik sy volle kwota. Verskeie moorde word in die omgewing gepleeg en Henno besef dat almal nie is wie hulle voorgee om te wees nie. Boonop is iemand agter die stories aan wat hy nou vir televisie skiet en hulle sal nie huiwer om hom uit die weg te ruim om die beeldmateriaal te kry nie. En dan kry hy ook geheimsinnige besoeke van die magiese en skaars spookvoël...
Author Leon van Nierop
Share
