ISBN: 9780799349726 | Published: September 1, 2015 |
Mal oor mosaïek
Mal oor mosaïek
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Mal oor mosaïek is 'n samestelling van unieke projekte van Suid-Afrika se gewildste mosaïekkunstenaars en sluit onder andere projekte van Glacermo, Seedpod Studio, Mosaic Works, Mosaic Arts, Dish, D'lish, Icreate, Polkadot asook kunstenaars soos Ira Bekker en Karin Wainwright in.
Die idee agter die boek is om 'n spektrum uiteenlopende vars idees, inspirasies en tegnieke aan die handwerk-entoesias te bied wat nie net 'n visuele uitnodiging is nie, maar ook 'n verskeidenheid van werkswyses bekendstel. Die projekte wissel van baie eenvoudig tot meer ingewikkeld en daar is beslis iets vir elkeen.
Mal oor mosaïek fokus op vinnige, klein projekte waarvan sommige binne 'n paar uur voltooi kan word. Die projekte het duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's en sluit onder meer 'n teepot, notabord, melkkan, drie-dimensionele toneel, spieëlhart, smalti-kat en selfs hoëhak-skoene in. Beslis die ongewone of die gewone met 'n kinkel!
Author Karen Adendorff
Share
