Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799352061 | Published: November 1, 2016 |

Die Soenoffer

Die Soenoffer

Author:Isa Konrad
Regular price R 270
Regular price Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'n Verwaarloosde dogtertjie, net vier jaar oud, word in Soutpansbergweg gevind. Sy weet nie waar sy woon nie, of waar haar ma is nie. Wat agter hierdie kind lê en wat nog sou kom, is te gruwelik om te beskryf.
Wessel Janke, 'n bekende joernalis, word jare later Pretoria toe gestuur om 'n onderhoud te voer met 'n vrou wat as kind 'n reeks moorde gepleeg het. Hy verwag om 'n monster te leer ken, maar Isobel Swart is 'n doodgewone vrou, 'n toegewyde ma vir haar kind, haar ewebeeld. Net soos hy, is sy op soek na die waarheid ... in haarself. Sy wil hê dat mense moet verstaan wat 'n kind tot moord dryf. Sy wil self probeer verstaan. En sy wil hê hý moet verstaan. Haar verhaal trek hom in, verswelg hom. Haar waarheid word sy waarheid en dit begin daar waar nagmerries duisend dode sterf.
'n Hartverskeurende verhaal wat tegelyk die boosheid in die mens blootlê. (Heruitgawe)

Author Isa Konrad

View full details