ISBN: 9780799355253 | Published: September 1, 2014 |
Tussen middernag en dagbreek
Tussen middernag en dagbreek
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
'n Onthutsende verhaal oor die skadulewe van dwelms en geweld in die Suid-Afrika van hier en nou. Dit is 'n verhaal met twee sentrale karakters en storielyne wat in 'n skokkende klimaks op mekaar inbuig.
Marco Verkerk, die seun van Nederlandse immigrante, word (in die sestiger-jare) as buitestander groot in die plattelandse dorpie, Heilbron. Die Verkerks word nie net geminag as 'buitelanders' nie, maar ook omdat hulle arm en polities liberaal is. Reeds vroeg in sy lewe kry Marco met die onmenslikheid van apartheid te doen, wat 'n diep letsel op sy gemoed laat. Later word hy 'n dwelmslaaf. Hy word nege keer opgeneem in rehab, maar val telkens weer terug in die kloue van die dwelms, ten spyte van die ondersteuning van sy vrou, Lisa, sy tweeling en sy skoonfamilie. Vroeër in sy lewe was daar ook Jo-Marié, die vrou wat hy ontmoet het toe hy ná sy eerste mislukte studiejaar na Europa reis. Jo-Marié is sy alter ego - 'n dwelmslaaf net soos hy. Hulle fatale verhouding eindig wanneer sy, drie maande swanger met sy kind, in sy arms sterf weens 'n oordosis.
Author Japie Bogaardts
Share
