ISBN: 9780799355338 | Published: June 1, 2012 |
Instaanmeisie
Instaanmeisie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Om 'n rukkie vir jou identiese tweelingsussie in te staan as die man in haar lewe se meisie, is 'n gewaagde speletjie. Maar die man is immers in 'n koma en kan nie te veel ongemaklike vrae vra nie.
Om agter te kom hy en jou sussie het verloof geraak op die aand van sy ongeluk, is ietwat erger. Veral as jou sussie vir ses weke in die buiteland is en die man is 'n openbare figuur.
Die joernaliste wat op hom toesak, is egter nie die ergste nie. Want Olivia moet uiteindelik aan haarself erken haar hart wil breek. Hoe kies mens tussen liefde en jou sussie se belange?
Cecilia Nortjé woon op Lephalale, 'n klein, plattelandse dorpie in Limpopo waar die mense mekaar nog op die sypaadjies groet. Sy het twee kinders en is getroud met 'n professionele jagter, wat maande aaneen weg is van die huis af. Dis in dié tye dat sy haar behoefte aan romanse vervul met die skryf van liefdesverhale. Sy skryf onder haar nooiensvan omdat dit sagter op die oor val as haar getroude van - Slykhuis. Op die ouderdom van vier het sy al begin lees en is sedertdien 'n onversadigbare boekevraat. Sy is 'n regterbreinmens wat haar uitleef in tuinmaak, skryf en teken.
Author Cecilia Nortjé
Share
