ISBN: 9780799356670 | Published: May 1, 2013 |
Brei saam met Vrouekeur: Serpe en Sjaals
Brei saam met Vrouekeur: Serpe en Sjaals
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Met die resessie in volle swang en handwerk se groeiende gewildheid, stel LAPA in samewerking met Vrouekeur 'n bekostigbare reeks breiboekies bekend. Die reeks bestaan uit 10 boekies van 10 patrone elk in 'n spesifieke tema.
Brei saam met Vrouekeur bied handige wenke en inligting soos algemene benodigdhede, hoe om steke met die duimmetode op te tel, naaldgroottes en afkortings in. Al die items is met Saprotex-breidraad gebrei en is oral beskikbaar. Vier van die patrone was Vrouekeur se gewildste patrone terwyl ses splinternuut is.
Beslis 'n breibonanza vir die ywerige breier!
Die eerste vyf boekies is as volg:
1. Sjaals en serpe (978 0 7993 5667 0)
2. Babatruie (978 0 7993 6006 6)
3. Manstruie (978 0 7993 6007 3)
4. Musse (978 0 7993 6008 0)
5. Meisietruie (978 0 7993 6009 7)
Kyk uit vir die volgende vyf wat Augustus beskikbaar sal wees:
6. Vrouetruie
7. Babakomberse
8. Seuntjietruie
9. Huis en dekor
10. Bykomstighede
Author Christa Swanepoel
Share
