ISBN: 9780799358452 | Published: September 1, 2013 |
Jy weet wie
Jy weet wie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele middeljarige wit mans: hy is afgelê; hy wat in die eerste helfte van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om 'n uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoërskool reeds gekies het bo sy teenstander, Zandré van der Westhuizen. Zandré, intussen Niek se minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van 'n magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy 'n aartsgatkruiper is en beter bevriend is met die baas. Niek moet nou huishou en sy ego het 'n allemintige knou gekry; selfs in die slaapkamer het hy nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos 'n familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se boyfriend, Tommie, hê. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te begin werk nie. Elrisa het wel nog 'n werk, sy is 'n suksesvolle eiendomsagent en Niek nou die huishulp.
Author François Bloemhof
Share
