ISBN: 9780799359275 | Published: March 1, 2013 |
Snydokter
Snydokter
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Snydokter was deel van LAPA se reklameveldtog genaamd Die hoofkaraktersoektog in 2012. Die publiek is uitgenooi om raaisels te ontrafel na aanleiding van leidrade wat via sosiale netwerke en ander media bekend gemaak is. Die doel was om 'n hoofkarakter uit die werklike lewe vir die roman te kies. Maar die uiteinde was dat Leon drie wenners uit meer as 850 inskrywings gekies het - waarvan een die
hoofkarakter en twee newekarakters is. Die projek het vroeër in 2012 twee Pendorings gewen.
Snydokter handel oor die geheimsinnige plastiese sjirurg dokter Renzo Hattingh wat sy praktyk verlaat en al sy vriende vaarwel toeroep nadat 'n ontrimpelingsoperasie skeefloop. Die drie wenners, Monique Bisschoff, George Kellerman en Rozanne Kotzee, span nou elke stukkie vernuf in om die dokter op te spoor. In die proses smee hulle vriendskapsbande en takel hulle hierdie raaisel met 'n aansteeklike sin vir humor.
Dit blyk dat daar meer agter Renzo Hattingh se verdwyning sit as om bloot te vlug na slegte publisiteit en die leser kom agter hoe magtig sosiale netwerke is. Die soektog neem die drie wenners deur Johannesburg se vermaaklikheidsbedryf, rykmansbuurte en eindig op die platteland waar die soektog 'n dramatiese en verrassende klimaks bereik.
Author Leon van Nierop
Share
