Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799360059 | Published: April 1, 2013 |

Die stilte in myself

Die stilte in myself

Regular price R 235
Regular price R 0 Sale price R 235
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Purper en kaneel, komyn en smarag, die kunsboek oor die lewe en werk van die kunstenaar Hannetjie de Clercq wat in 2012 verskyn het, was oombliklik 'n wegholsukses. Riana Scheepers se teks, geskryf in 'n liriese narratief, in kombinasie met haar kunstenaarsvriendin se skilderye, het beide lesers en resensente gaande gehad.

'n Uitsonderlike afdeling van dié boek was die gedigte wat Scheepers spesiaal geskryf het vir 'n tiental skilderye wat in die boek opgeneem is - 'n unieke simbiose van kunsvorme wat dié twee kunstenaars se talente ten beste ten toon stel.

'n Luukse weergawe van hierdie pragboek het einde 2012 verskyn. Die boek, in 'n eksklusiewe en eenmalige oplaag van net 100 boeke, het dadelik 'n versamelaarsitem geword en is gretig deur kunsversamelaars en letterkundiges opgeraap. Wat dit so gesog gemaak het, is dat elkeen van die genommerde eksemplare 'n oorspronklike miniatuurskildery van die kunstenaar bevat, met 'n gedig wat die skrywer spesiaal vir elke skildery geskryf het. Die toonaard van verse sluit aan by die mistieke kleure, die nostalgiese verlange na die misterie en die ontwykende geheimenisse van vroue ... temas wat eie en uniek is aan die skilderwerk van Hannetjie de Clercq.

Talle mense wat die miniatuurskilderye en verse op uitstalling gesien het, maar nie 'n boek in die hande kon kry, of bekostig nie, het die kunstenaar en die skrywer versoek om dié 100 miniature en verse in boekvorm beskikbaar te stel. Die stilte in myself is die eindresultaat. Dit is 'n boek wat op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van emosies van vroue uitbeeld; van die jong meisie wat met 'n rooi mond die wêreld uitdaag, tot die misterie van 'n vrou wat agter 'n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag, tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde, en die hemel.

Die stilte in myself is 'n boek wat die leser deurgaans laat wonder of 'n vrou werklik 'n vrou is, of dalk 'n engel?

View full details