ISBN: 9780799360318 | Published: September 1, 2013 |
Spoorvat: Skrywers en herinneringe
Spoorvat: Skrywers en herinneringe
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
As skrywers het hulle reeds naam gemaak; hulle het literêre pryse gewen, die harte van lesers verower, diep spore getrap in die Afrikaanse kultuurwêreld ... Ons ken hulle as openbare figure, as skeppers van verhale en romans en rubrieke, maar wat is die intiemste, mooiste en selfs pynlikste jeug herinneringe van ons bekendste Afrikaanse skrywers? Was hulle as kinders reeds sensitiewe waarnemers, kunstenaars in wording? Hoe het hulle hul jeug beleef? En hoe word hierdie jeug herinneringe verwerk in hul tekste as gesofistikeerde skrywers?
Riana Scheepers en Leti Kleyn (samestellers van die trefferboek Die Afrikaanse Skryfgids) het skrywers gevra om hul kinder- of jeug ervarings te woord te stel. Daar was geen beperkings of voorskrifte nie, maar slegs gepubliseerde skrywers is om bydraes gevra.
Die resultaat is 'n unieke bloemlesing van 36 skrywers met die evokatiewe titel Spoorvat. Saam met ons skrywers vat ons die spoor terug na die verlede; 'n verlede wat net so kleurvol, vrolik, hartseer, innig en uiteenlopend is soos die mense van hierdie land.
Spoorvat is 'n belangrike bloemlesing, nie net omdat dit voortreflike tekste bevat van skrywers wat reeds hul kleim afgesteek het nie, maar omdat dit terselfdertyd ook unieke outobiografiese sketse is. Die leser kry 'n intieme en eerlike blik op die leefwêreld van 'n jong kind wat later in sy/haar lewe groot hoogtes bereik het.
Spoorvat is gekies as deel van die 2013 ATKV-gratisboekprojek en sal wye blootstelling ao deur die Taalgenoot ontvang.
Author Riana Scheepers
Author Leti Kleyn
Share
