Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799361544 | Published: October 1, 2013 |

Seisoen van vervulling

Seisoen van vervulling

Regular price R 285
Regular price R 0 Sale price R 285
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Seisoen van vervulling is die derde boek in Alta Cloete se Seisoen-reeks. Die verhaal speel gedeeltelik in die Noorweegse winter en gedeeltelik in die hitte van 'n Bolandse somer af. Die hoofkarakters, Ben en Emily, is beide sterk persoonlikhede, gevestig in hul onderskeie beroepe en wroeg nie oor dinge waaraan hulle niks kan doen nie.

Wanneer hulle mekaar egter in Noorweë vir Wim en Amanda, die hoofkarakters in die voorafgaande Seisoen van vergifnis, se troue ontmoet, is die vonk van 'n dekade gelede weer daar. Albei is onwillig om in 'n verhouding betrokke te raak, maar laat hulself tog betrek in 'n vakansieromanse. Daarby is hulle nie heeltemal eerlik met mekaar nie.

Die gevolg is dat Emily teen wil en dank vir Ben bystaan toe sy agterkom hy moet behandeling ondergaan vir testikelkanker, wat hy as 'n geweldige verleentheid ervaar (want mans práát gewoon nie oor sulke goed nie), en dat 'n baie onwillige Ben later in Suid-Afrika by sy naderende vaderskap probeer aanpas.

Die verhaal volg egter nie die ooglopende en maklike pad waar Ben bloot lief raak vir Emily en besluit hy wil eintlik die baba hê nie. Nee, die karakters moet saam die verlies van die baba wat hulle met vrees en later met vreugde ingewag het, hanteer en juis hierin lê die persoonlike groei wat hulle tot nuwe deernis en volwassenheid bring.

Author Alta Cloete

View full details