ISBN: 9780799362510 | Published: August 1, 2014 |
Pleisters vir die dooies
Pleisters vir die dooies
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In hierdie jeugboek takel Fanie Viljoen een van die moeilikste en uitdagendste onderwerpe waaroor daar nog ooit in Afrikaans geskryf is. In een hellenag konfronteer die swerwende, naamlose hoofkarakter sy duiwels kaalvuis; ontmoet hy vreemde en skrikwekkende karakters wat sy innerlike demone laat lewe kry; vertroetel hy sy wraakgedagtes soos 'n magasyn vol koeëls; lek hy die wonde van sy tienerseerkry. Hierdie is 'n nie 'n boek vir sensitiewe lesers nie. Dis 'n boek wat tieners én hul ouers moet lees. Dis 'n boek oor seerkry en wraak. En tog is dit 'n boek wat onverwags troos en begrip, soos pleisters, uitdeel. Dis 'n vuishou van 'n boek.
Author Fanie Viljoen
Share
