Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799363135 | Published: September 1, 2015 |

In die kollig : Speeltekste vir dramaleerders

In die kollig : Speeltekste vir dramaleerders

Regular price R 180
Regular price Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'Wat kan my kind hierdie jaar by die eisteddfod voordra?'

Elke jaar krap onderwysers, ouers en drama-afrigters kop oor hierdie vraag. Die veteraanaktrise Lizz Meiring se nuwe bundel met 33 verhoogtekste is die oplossing! In hierdie versameling het Lizz 'n verskeidenheid tekste van verskillende skrywers bymekaargemaak - almal gereed om opgevoer te word.
As jy op soek is na 'n nommerpas teks om by die eisteddfod voor te dra, 'n stuk om vir jou volgende dramaklas voor te berei, of jou eie prettige eenmanvertoning of toneelstuk op die planke wil bring, is hierdie die perfekte boek vir jou!
Die opwindende verskeidenheid tekste in hierdie bundel maak voorsiening vir spelers met verskillend ervaringsvlakke - van haasbek-beginners tot gesoute akteurs en aktrises. Daar is skreeusnaakse én ernstige tekste, en jy kan kies uit monoloë, dialoë en tekste vir meer as een speler.
Skrywers wie se werk in die bundel opgeneem is, sluit onder meer in Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, François Bloemhof, Franci Greyling, Christie Nortjé en
Licia Erasmus.
Geskik vir die klaskamer, eisteddfods, dramaklasse en skoolopvoerings

View full details