ISBN: 9780799364484 | Published: May 1, 2014 |
Agter+Blad
Agter+Blad
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In agterblad sit die tydskrif tuis se uitsoek-agterbladskrywer en bobaaskok, Niël Stemmet, die segetog voort wat hy met sy debuut, sout+peper, behaal het. In dié versameling stories wat in 2012-13 in tuis verskyn het, is daar die innigste beskrywings van die lewe toe eenvoud nog 'n towerwoord was en mense mekaar geméns het om aan die lewe te bly. Dit word aangevul deur geliefde ou resepte en briewe so uit die hart van geïnspireerde lesers.
Kleur en tekstuur deurspek die tydskrif én Niël se skryfwerk - die soort lewe vol kleur, tekstuur en volhoudende warmte waarna ons almal behoort te mik. agter+blad nooi jou as 't ware gul: Maak vir jou 'n pot tee, gaan sit in stilte en proe die woorde sluk vir sluk, om deel te word van jou eie-mens-stilte.
Author Niël Stemmet
Share
