ISBN: 9780799366594 | Published: May 1, 2015 |
Wat 'n ramp 2: Nag van die vlieënde piering
Wat 'n ramp 2: Nag van die vlieënde piering
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Stille Waters is 'n vaal, vervelige dorpie waar niks buitengewoon ooit gebeur nie.
(Wel, behalwe nou vir 'n zombieplaag so nou en dan.)
Henk, Devon en Emmie het nog skaars herstel van hul vorige avontuur - en nou word hul slaperige dorpie deur ruimtewesens oorgeneem! Maar die ruimtewesens is piepklein en nogal, wel, oulik. Hoe gevaarlik kan hulle wees?
Die waarheid is: Hulle is vrek gevaarlik! Hulle disintegreer die burgemeester met hul lasergewere en nou moet Henk, Devon en Emmie 'n plan maak om die dorp te red.
Hierdie skreeusnaakse, aweregse wetenskapfiksiereeks beloof om jong lesers te laat naels kou - en te laat skaterlag. In elkeen van die drie boeke in die reeks kry die drie hoofkarakters, wat ewe sterk tot seuns- en meisielesers sal spreek, te make met 'n nuwe ramp wat hul dorp tref. En natuurlik is die grootmense elke keer totaal nutteloos ...
Author R. McGeddon
Illustrator Jamie Littler
Share
