Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799367188 | Published: June 1, 2015 |

Moenie die knoppie druk nie

Moenie die knoppie druk nie

Illustrator:Chris Venter
Regular price R 140
Regular price R 0 Sale price R 140
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'nTiaan se bababoetie hou daarvan om knoppies te druk.
'Moenie die knoppie druk nie!' skree Ma en Pa elke keer.
Maar dit is elke keer te laat.
Op 'n dag gaan doen Tiaan en sy gesin inkopies. Sy boetie beland in 'n REUSAGTIGE geel stootskraper en druk 'n knoppie ...
Die stootskraper begin dreun en GROMMM!
'Stop daardie stootskraper!' skree almal.
Maar Tiaan is die enigste een wat 'n plan het.

Lekker lawwe, lawaaierige, holderstebolder kleuterboek oor een van die onweerstaanbaarste dinge op aarde - 'n knoppie wat smeek om gedruk te word!

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 100 boeke vir tieners, kinders en kleuters. Sy bekroonde prenteboeke soos Liewe land, 'n olifant! en Waarvoor is seerowers bang? is gunstelinge op vele kinders se boekrakke. Meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en negentien ATKV-Kinderboektoeken-nings.
Chris Venter is tans een van die gewildste en talentvolste jong illusteerders in Suid-Afrika. Sy illustrasies pryk in talle Jaco Jacobs-boeke.

Author Jaco Jacobs

Illustrator Chris Venter

View full details