Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799367447 | Published: November 26, 2024 |

Ek Ek Ek Herken en hanteer narsiste

Ek Ek Ek Herken en hanteer narsiste

Regular price R 285
Regular price Sale price R 285
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

HERDRUK
Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy 'n woedebui wat 'n tweejarige sal laat skaamkry.
Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook 'n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met 'n narsis te doen het. Of dalk self een is.

Author Riette Rust

View full details