Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799370089 | Published: March 1, 2015 |

Uitpakkos

Uitpakkos

Regular price R 380
Regular price Sale price R 380
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Ons leef vandag vinnig en reis dikwels ure lank tussen blyplek, werkplek, studeerplek en skool. Hierdie haastige tempo skep vir baie mense 'n probleem wanneer dit kom by rustige maaltye en gesonde voeding. Soms word die kitskoswinkel 'n beste vriend en kinders kry sommer 'n geldjie om self iets by die snoepie of supermark te koop. Hierdie eetgoed is dikwels vol kleur- en preserveermiddels, vet, suiker en sout.

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, vinnige aandetes, vir piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

'n Gesonde ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.

Swak eetgewoontes kan jou uiteindelik siek - of sieklik - maak. Oorweeg gerus gesonder voedselkeuses ter wille van die instandhouding van jou liggaam en goeie gesondheid!

Uitpakkos sal hopelik 'n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken 'n besige lewe dat 'n mens net nog beter moet beplan en organiseer.

Author Hilda Lategan

View full details