ISBN: 9780799371291 | Published: October 1, 2014 |
Stiletto's van staal
Stiletto's van staal
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Eendag, lank gelede toe klokbroeke soos kleefplastiek aan ordentlike jong mans se lywe geklou het en Abba Springbokradio aan die brand gesing het, het Boet Beauman die mooie Maria in Barcelona ontmoet. Nou, byna vyf en dertig jaar later, regeer Boet die Beauman sy vrou en die drie pragtige produkte van hul huwelik met 'n arm
wat maklik draai vanuit sy Italiaanse teelmaatskappy se besturende direkteurstoel. Boet wil Beaumans op die JSE laat lys en elke Beauman is nodig om die maatskappy op die spreekwoordelike kaart te vestig. 'n Slegter tyd vir 'n affair, 'n internasionale minnespel en 'n onortodokse match-making webtuiste om op die lappe te kom, is daar kwalik. Maar die Beaumanvroue het nie voete van klei nie, hulle loop in stiletto's van staal.
Author Bernette Bergenthuin
Share
