Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799372915 | Published: July 1, 2015 |

Sanri Steyn 3 : Die seun met die superkat-kragte

Sanri Steyn 3 : Die seun met die superkat-kragte

Illustrator:Johann Strauss
Regular price R 135
Regular price Sale price R 135
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. En as Sanri se neus kriewel, moet jy sommer weet hier kom 'n storie ...
Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.
Sanri en haar beste vriend, Markus, moet ingryp voor dit te laat is ...
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Die Sanri Steyn-reeks
Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule
Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat
Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte
Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein

Author Theresa van Baalen

Illustrator Johann Strauss

View full details