ISBN: 9780799372922 | Published: July 1, 2015 |
Sanri Steyn 4 : Die spookmeisie van Raaiselfontein
Sanri Steyn 4 : Die spookmeisie van Raaiselfontein
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend, Markus, beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.
Sanri is gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur.
Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies sal seuns en meisies vasgenael hou!
Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule
Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat
Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte
Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein.
Theresa van Baalen woon op Port Nolloth saam met haar man, Cobus, en twee seuns, Jannes en Mikhael. Haar eerste twee prenteboek-publikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-Kinderboektoekennings bekroon. Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur ontvang.
Author Theresa van Baalen
Illustrator Johann Strauss
Share
