Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799373998 | Published: December 1, 2015 |

Hoezit 6: Die Wonderwêreld van Dinosourusse

Hoezit 6: Die Wonderwêreld van Dinosourusse

Regular price R 90
Regular price R 0 Sale price R 90
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van dinosourusse kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontmoet 'n paar prehistoriese watermonsters, vind uit wat op die dino's se spyskaart was, en ontmoet van die kleinste en grootste dinosourusse wat miljoene jare gelede op die Aarde geleef het.
Hoezit! het die afgelope paar jaar 'n bekende naam op tydskrifrakke geword. Dié lekkerleestydskrif vir kinders is 'n nuttige vriend in die klaskamer - en boonop vet pret. Die tydskrifformaat van Hoezit! het onlangs plek gemaak vir 'n interaktiewe webtuiste propvol inligting en vermaak. En die goeie nuus is dat LAPA Uitgewers nou Hoezit! in boekvorm uitgee - met splinternuwe temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Author Jaco Jacobs

Author Fanie Viljoen

View full details