Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799374711 | Published: December 1, 2015 |

123 Groei met spel

123 Groei met spel

Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Elke ouer wil slegs die beste vir sy kind bied, daarom spandeer hulle duisende rande vir ekstra klasse en die beste skole. Ongelukkig is daar steeds kinders met tekortkominge wat hulle emosionele ontwikkeling en sosiale vaardighede beïnvloed. Kinders se algemene kennis is vandag uitstekend, maar hulle fyn en groot motoriese ontwikkeling is nie op standaard nie. Hulle spierontwikkeling is ook baie swak. Kinders sukkel met normale aktiwiteite soos bv. inkleur, knip, bal vang, eenbeentjie spring, ens. As gevolg van hulle swak spierontwikkeling het hulle dan ook probleme met konsentrasie.
Daar is verskeie faktore wat die kinders se motoriese ontwikkeling beïnvloed. Die algemeenste is seker die feit dat die moderne vermaak passief en kreatiwiteitloos geraak het. Alledaagse voorbeelde is selfone, televisie, rekenaar- en televisiespeletjies. Kinders weet nie meer hoe om te speel nie.
Gewone speletjies kan help om jou kind skoolgereed te kry en die probleme wat in sy ontwikkelingspad staan, te oorbrug. Ouers moet seker maak dat hul kinders beide fyn en groot motoriese vaardighede ontwikkel. Speel met jou kinders, wees aktief, maar onthou dit is ook belangrik dat jy vir hulle lees. 'n Stewige grondslag in basiese vaardighede kan hulle net help om beter te ontwikkel.
Wanneer kinders probleme met kommunikasie, motoriese- en organisatoriese ontwikkeling ervaar, vorm hulle baie keer swak selfbeelde wat hulle skoolloopbaan sodanig beïnvloed dat hulle nie akademies presteer nie. Deur te speel kan jy ook jou kind se korttermyn geheue stimuleer wat die basis vir sy langtermyn geheue vorm. Onthou dat speletjies ook 'n kind se begrip prikkel wat terselfdertyd help met redenering, syfervaardighede en 'n geleentheid vir interaksie is. In die proses ontwikkel jou kind ook emosioneel.
Laat jou kind toe om nog kind te wees. Wees lief vir jul kinders deur met hulle te speel. Hier is 123 speletjies om van te kies - vanaf 2-jarige ouderdom tot stokoud. Die speletjies is vir ontwikkeling en terselfdertyd lekker vir partytjies, pretdae, ysbrekers of sommer net vir speel. Die boek is ook beskikbaar in Engels as 123 Play to Grow.

Author Nadia Viljoen

View full details