Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799377590 | Published: February 1, 2016 |

Lemoenseisoen

Lemoenseisoen

Regular price R 315
Regular price Sale price R 315
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Suzy is nie 'n mens-mens nie. Ook nie 'n oggendmens nie. Of 'n middag- óf aandmens nie. En natuurlik is sy nie 'n mevrou-dominee se watsenaam nie. Sy kry skaars die klein koekies en die groot koeke-krisis opgelos. Dit is Frederick wat sedig, vroom en vroed 'n stewige paar vlerke onder sy spierwitte kerkhemp gevou hou.
Al wat Suzy van die lewe wil hê, is 'n nuwe selfoon, dat haar dogter nie met 'n geskeide man moet uitgaan nie en 'n lyf langs hare wanneer sy in die oggende wakker word. Is dit nou regtig te veel gevra?
Dit is by Jay-Jay wat sy gaan derms uitryg, want hy verstaan haar. Dit is ook hy wat haar in die versoeking lei. Want toe sy eers vir Dante del Marco leer ken, is tweedehands nie meer goed genoeg nie. Aarde tog! Net die noem van sy naam is al genoeg om klokke in haar kop aan die lui te kry. G'n wonder Suzy storm in waar versigtige engele maar eerder verby sou hou nie.
Saam met Dante del Marco lok daar 'n ander, beter wêreld en die moontlikheid om Londen toe te gaan. Daar waar sy 'n stuk van haar hart verloor het waarna sy 'n leeftyd lank al soek. Maar dis 'n geheim wat sy met niemand kan deel nie ...
Suzy moet leer dat die lewe soos 'n lemoen is. Dat jy die lastige pitte tussen jou tande moet uitspoeg voordat jy jou versadig kan drink aan die stroopsoete sappigheid daarvan.

Author Kristel Loots

View full details