Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799378566 | Published: April 1, 2016 |

Viva la vida

Viva la vida

Regular price R 270
Regular price Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou. Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met 'n meisie wat in alle opsigte die Barbie-model 'n treetjie voor is, is dit sy saak. Dit is wel hinderlik dat sy as 'best woman' 'n tuxedo-aandrok moet dra en alles wat daarmee saamgaan om die verloofde gelukkig te hou. Ook die feit dat hulle haar met die verloofde se broer wil afpaar. Maar net vir die troue en net vir haar beste vriend is dit ook seker nie te veel gevra nie. En die man is regtig 'n vangs, as sy nou eerlik wil wees.

Terwyl haar beroepslewe as argitek ook 'n onverwagte trap of twee styg en sy daarmee probeer tred hou, doem ander komplikasies op: haar ewig onvergenoegde ma, haar immer swerwende pa, ongeoorloofde affairs begin aan die orde van die dag lyk, 'n ramparty haak ampertjies uit en 'n naweek in die Bosveld het rampspoedige gevolge.

As daar ooit 'n moontlikheid was dat Vida se beste vriend eintlik die liefde van haar lewe is, is dit nou te laat. Die strykkwartet speel al die troumars, letterlik. En Vida se sin vir humor is meestal al wat haar staande hou.

View full details