ISBN: 9780799379655 | Published: November 1, 2016 |
Genade EdeLAGbare
Genade EdeLAGbare
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In Genade! EdeLAGbare oortref Ian Wessels en die RSG-luisteraars hulself met lekkerlag en lekkerlees hofhumor wat beslis in almal se smaak sal val. Regters, landdroste, staatsaanklaers, advokate, prokureurs, tolke, polisiemanne, spietkops, maatskaplike werkers, getuies en almal wat al paaie met die hof gekruis het, is gewillige 'slagoffers' van die skreeusnaakse bydraes.
Ian Wessels se doel was om 'n versamelde humoristiese werk met behulp van RSG- luisteraars se bydraes saam te stel. Sommige bydraes laat vergange tye van polisiepatrollies te perd of te fiets herleef, terwyl ander met deernis kyk na mense vir wie die reguit paadjie of 'de smalle weg' darem net te eentonig is.
Uittreksels
Maak dood daai ding!
'n Beskuldigde het moontlik die beskuldigdebank met 'n verhoog verwar. Toe sy saak geroep word, betree hy die hof met 'n kitaar oor die skouer en 'n brandende sigaret in sy mond.
'Maak dood daai ding!' sê die landdros, verwysende na die sigaret. Die beskuldigde reageer egter verontwaardig: 'Kry ek nie eens 'n last request nie?'
'n Eerlike antwoord
'n Man moet na sy skuldigbevinding aan dronkbestuur gevonnis word. Sy prokureur het gedink 'n verslag van 'n maatskaplike werker sou help. Dit het nie. Op die vraag watter alkohol hy meestal gebruik en in watter hoeveelhede, antwoord hy eerlik: 'Ek is mos nie vol fiemies nie. Ek drink maar wat daar is tot dit op is.'
Watse bakkie?
'n Boer se bakkie word gesteel, maar die prokureur karnuffel hom so onder kruisverhoor dat hy later vir sy vrou vertel: 'Gaats, Mammie, ek was later nie eers meer seker of ek ooit 'n bakkie gehad het nie!'
Author Ian Wessels (Samesteller)
Author RSG
Share
