ISBN: 9780799379839 | Published: October 1, 2016 |
Doen dit weer so
Doen dit weer so
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Doen dit weer so is, soos sy voorganger Doen dit só (2014), 'n samestelling van Vrouekeur se gewilde wenkerubriek. Dié weeklikse rubriek benadruk die idee dat jy met min baie kan doen.
Daar's wenke vir jou kombuis, sitkamer, kamer en badkamer. Dit bevat raad oor hoe om dinge vinniger te kook, beter te bak, hoe om van Wagter se vlooie ontslae te raak tot hoe om 'n wasgoeddag sonder wroeging te beleef. Wenke word vanuit verskeie bronne saamgevat en weergegee, en die boek bevat selfs Vrouekeur-lesers se wenwenke.
En die helde van dié boek? Suurlemoen, asyn en koeksoda! Jy kan feitlik enigiets daarmee skoonmaak.
Author Zerelda Esterhuizen
Share
