ISBN: 9780799380088 | Published: February 1, 2017 |
Olivia se Olifant
Olivia se Olifant
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Toe Olivia Olivier op die oggend van haar tiende verjaardag wakker word, verwag sy glad nie om 'n baie verwarde olifant op haar voorstoep te kry nie. Maar dit is presies wat sy daar ontdek - saam met 'n stukkie papier waarop staan dat sy nou die wettige eienaar van die olifant is.
So begin 'n baie onwaarskynlik vriendskap.
Maar kan 'n klein dogtertjie en 'n redelike groot olifant leer om saam te bly in 'n piepklein huisie?
Hoe op aarde gaan Olivia vir die (baie honger) olifant sorg as haar enigste familielid, oom Karel, reeds twee jaar gelede spoorloos verdwyn het en sy slegs R343,65 in haar beursie oor het?
Wat voer die nuuskierige, knorrige buurvrou, mevrou Sauerman, in die mou? Wat sal gebeur as sy by die munisipaliteit kla oor Olivia se olifant?
En wat van die slinkse eienaar van die plaaslike dieretuin wat beplan om die olifant te steel? Sal Olivia daarin kan slaag om hom op sy plek te sit?
Olivia se olifant is 'n betowerende storie oor 'n ongewone vriendskap tussen 'n dogtertjie en haar olifant.
Author Sylvia Bishop
Illustrator Ashley King
Share
