Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799381474 | Published: November 1, 2016 |

Gys Niemand 03: Boheem

Gys Niemand 03: Boheem

Regular price R 350
Regular price Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Katrien Bresselaar is voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar nié onskuldig bevind nie.
Drie jaar later beland sy, nou bekend as Kayla Cilliers, op Bohemia, 'n kunstenaarskolonie waar Rose-Anne Lockwood 'n prutpot geskep het wat een of ander tyd moet oorkook.
Onder die kreatiewe oppervlak sied dit - Judy wat stemme van die Anderkant hoor; Lente opgevreet deur jaloesie; Seth en sy Gesie, wat gesigte sien; Alwyn, sy muse kwyt; Hendrik en Leen, Justin en snobistiese Bonnie ... en Mitch Lockwood, wat alles bymekaar moet hou.
Dis hier waar Kayla vir die tweede keer in haar lewe op 'n lyk afkom en haar vingerafdruk is op die moordwapen ...

Boheem is die derde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Meetsnoer volg hierop en Dryfhout sluit die reeks af. Springgety en Fortuin is die eerste twee boeke in die reeks.

Author Chanette Paul

View full details