ISBN: 9780799381542 | Published: December 1, 2016 |
Die ondenkbare
Die ondenkbare
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
2de Uitgawe.
Briel kom in Lüderitz aan soos hy sewentien jaar gelede daar weg is - omdat hy nie 'n keuse het nie. Hy is daar om 'n moord op te los, maar die tydsberekening kon nie slegter gewees het nie. Hy het griep, sy vrou is kwaad vir hom en hy wou Lüderitz nooit weer gesien het nie.
En binne 'n paar dae sit hy met twee lyke, 'n slagoffer wat al meer soos 'n skurk begin lyk, 'n moordenaar wat al meer soos 'n slagoffer begin lyk en 'n ooggetuie wat al meer soos 'n medepligtige begin lyk. Hoe dieper hy in die saak delf hoe dieper moet hy in sy herinneringe delf; moet hy daardie ondenkbare somer op Lüderitz - die laaste somer van sy kindwees - onthou. Wat hy juis wil vergeet. Want Lena, sy skooljuffrou en buurvrou van destyds, het steeds dieselfde uitwerking op hom, en dit lyk asof sy in die saak verwikkel is.
Author Isa Konrad
Share
