Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799381597 | Published: January 1, 2017 |

Gys Niemand 05: Dryfhout

Gys Niemand 05: Dryfhout

Regular price R 350
Regular price Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, 'n skulp, 'n seewatersteen en 'n verbod om haar hare te sny, geërf het?
Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique d'Avignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop.
Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie. Ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie.
Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele.

Author Chanette Paul

View full details