ISBN: 9780799381818 | Published: November 1, 2016 |
Wilde hawer Omnibus
Wilde hawer Omnibus
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Om Ben lief te hê
Om Dirk te tem
Om Kobus te ken.
Om Ben lief te hê:
Hy't haar een nag tien jaar gelede liefgehad, en toe weggesmyt. Noudat sy terug is op die plaas, is Ben Louw ook daar. Haar ouboet. Nee, haar stiefouboet. Leah weet sy moet onthou - mans trek jou nader, en stamp jou weg. Sy wíl dit onthou.
Maar haar hart luister nie. Ook nie haar lyf nie. Vandat sy haar praktyk as kindersielkundige op die landgoed geopen het, loop sy haar gedurig in Ben vas. Hy't die perdestoet by sy pa oorgeneem en hy's oral.
Ook in haar hart. Haar lyf. Sy't 'n borswering nodig, 'n hele wapenrusting. Keer, kry sy hom nie gekeer nie. Maar hy treur oor sy groot liefde.
Om Dirk te tem:
Keer op keer laat Dirk Degenaar Marica voel asof sy oor 'n afgrond tuimel. En dis eintlik hý wat gestraf moet word. Die ses maande dat sy by hom in die huis bly om ná sy ongeluk vir hom fisioterapie te gee, is toe vir hóm lank genoeg om haar in sý web te kry.
Marica weet hy sal nooit hare wees nie, net so min soos hy Sureta s'n is, wat sy kind alleen grootmaak.
Daardie eerste aand toe sy sy hare gesny het, het sy gedink sy sal hom kan tem, soos sy sy boskasie getem het. Maar nie Dirk nie. Niks sal hierdie kwiksilwerman ooit vaspen nie.
Om Kobus te ken:
Toe Sureta hom bitter nodig gehad het, het hy spore gemaak, nou trek Kobus Hattingh sommer by haar in, wil hy huisie-huisie speel. Kwansuis om sy seun te leer ken. Maar dis te laat. Waar was hy toe sy moes swot én kind grootmaak? Toe sy halfbroer, Dirk, vir hulle gesorg het?
Sy kan hom nie vertrou nie. Al die mooipraatjies nou, en hy breek Henkie se hart as hy weer die pad vat. Henkie se hart? Wat van hare?
Al dink Kobus sy was 'n maklike meisie, het sy hom liefgehad. En as daai liefde nie op die swaar pad tot nou gesneuwel het nie, is sy in die moeilikheid ...
Author Madelie Human
Share
