Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799382686 | Published: March 1, 2017 |

Koeëlreën

Koeëlreën

Regular price R 290
Regular price Sale price R 290
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

In Koeëlreën gaan kyk die skrywer na die ballistiese arm van die forensies-wetenskaplike veld. 'n Fassinerende onderwerp. Met die Oscar Pistorius saak het die publiek bewus geword van die kritiese rol wat ballistiek speel by sake waar vuurwapens betrokke is. As daar één instrument is wat male sonder tal die wêreld verander het, soms in 'n oogwink, is dit vuurwapens. Dikwels word dit gesien as 'n instrument wat haat verwoord. Dit is en word steeds gebruik om politieke dispute te besleg, ideologieë af te dwing en word dikwels aangewend om die ongewenste been in 'n liefdesdriehoek op gewelddadige wyse uit die formule te verwyder.
Hierdie boek gaan delf in die geskiedenis en die ontwikkeling van die ballistiese wetenskap. Maar dit is nié 'n handboek nie. Tegnieke en die geskiedenis van die ontwikkeling daarvan word slegs aangeraak - net genoeg om die leser die insig te gee om te verstaan waarom dit gaan. Hoofsaaklik gaan dit om die verhale (sake) waarin ballistiese ondersoeke 'n kardinale rol gespeel het. Dit beskryf die saak en terselfdertyd bring dit die leser op hoogte van hoe die forensiese ballistiese wetenskap te werk gaan. Die ballistieke ondersoek staan nooit op sy eie nie, maar is altyd 'n deel van die legkaart waaruit die saak ontrafel moet word.
In die laaste plek word in-diepte gekyk na die mense wat aangeraak word nádat 'n sneller getrek is, die eggo's stil geword het en die kruitdamp in die verlede weggedryf het. Want elke insident verwoes lewens en die ballistiese wetenskap is méér as 'n ondersoek na tegniese feite - dit is ook daar sodat mense gestraf kan word en diegene wat daardeur geraak is, kan begin om te vergeet en aangaan met hulle lewens.

Wollie Wolmarans (medesamesteller van die boek), is een van die bekendste privaat ballistiese deskundiges in Suid-Afrika. Hy was betrokke by verskeie sake wat in die boek beskryf word en deel sy kennis en ervaring.
Moord is die mees betroubare/akkurate syfer wat gebruik word om die erns van misdaadstatistiek te reflekteer. Internasionaal word moord-statistiek gesien as 'n betroubare indikasie van die stabiliteit in 'n land. In die 12 maande tussen April 2015 en Maart 2016 het die voorkoms van moord in Suid-Afrika met 3,2% toegeneem. Dit is amper 'n 20% verhoging in moord oor die afgelope vier jaar.

View full details