ISBN: 9780799382754 | Published: February 1, 2017 |
Smeul
Smeul
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Drie uiteenlopende karakters, drie vriendinne: 'n Bemarker, 'n radioloog en 'n skrywer. Hulle is so verskillend soos komyn en kaneel, maar al drie is wêreldswerwers, kunstenaars en passievol verknog aan die eeu-oue wonderwerk van kosmaak. In die kombuis bruis hul vriendskap, of soms nié - want een is morsig met meel en heeltemal te oordadig as dit kom by rissies en peperkorrels, die ander meet alle mates presies af en swaai die houtlepel-septer van botter tot bobotie. Eeu-oue familieresepte en hartsgeheime word gedeel. Hulle het 'n neus vir nuwe neigings in die kulinêre wêreld, en dié word beproef, getoets en eie gemaak. Nuwe geregte word geskep, veral as dit diepnag is en jy jou sielgenote om jou het. Dit is dán wanneer die kokke dans. Hierdie drie vroue kuier en kook van die Weskus tot die Karoo, in die woud en die stad, oor die aardbol heen. Hulle deel hul liefde vir 'n kombuis, salf die wonde wat die lewe slaan, drink wyn, luister magiese musiek - en vier die lewe. Die resultaat van hierdie unieke vriendskap, en die geregte wat daaruit voortspruit, kan net SMEUL ... Smeul bevat ou bekende resepte, opgekikker in 'n nuwe moderne baadjie, maar ook 'n hele paar nuwe smake en interessante kombinasies uit die drie formidabele vroue se kombuise. Die boek bevat 110 resepte en bestaan uit vier afdelings. Weergalose Weskus, met resepte soos: Swartmossels met lekker bros brood; Braaisnoek op die kole; smoorsnoek én viskoekies; Calamari-, kiwivrug-en-kruisementslaai; oondpatat met suurroom en pikantrissies en veldkool Karooland, hartland, met resepte soos: Waterblommetjiesop; bruin wildvleissop met jenewerbessies en jenewer; pampoentert met lemoensjokolade; bolmakiesiepastei; Marietjie se Karoowors; ontbeende, gevulde skaapkop en biltongpatee Diep, diep in die donker woud met resepte soos: Botterskorsie-en-soetpatatsop met grondboontjiebotter; sampioenrisotto; ertjiemousse met kruisement; brandnetelbredie; malva-gemmerpoeding met appels; rolkoekpoeding met pere en witsjokolade en nastergalkaaskoek Sprokie vir 'n stadskind met resepte soos: beesstertsop met 'n Thaise kinkel; Marokkaanse lensies; artisjokke; oondgebakte kwartels; hupse hamburgers op roosterkoek; frikkadelle met plomp tamatiepuree op Afrika-polenta; kantkoekies en mooikoek
Share
