ISBN: 9780799382846 | Published: September 1, 2017 |
Marilyn kuier en kook
Marilyn kuier en kook
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
As 'n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op 'n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak. Marilyn is gebore en getoë in die Kaap waar haar ma destyds vir haar vrye teuels in die kombuis gegee het. Sy vertel trots dat sy haar eerste melktert reeds in Graad 4 gebak en vir haar onderwyseres gegee het. Sy trek as jonggetroude saam met haar man, 'n dominee, na die klein dorpie van Loeriesfontein in die Hantam-streek van die Noord-Kaap. Hier ontwikkel haar liefde vir kosmaak en onderwys ten volle. Een van haar kookreis se hoogtepunte was toe sy vir 2 jaar lank Kuier-tydskrif se Huiskok was. Marilyn en haar familie - na wie sy as haar kos-proefkonyne verwys - woon tans op Grabouw en sy is 'n taalonderwyseres by die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes.
Author Marilyn Gantana
Share
