Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799383126 | Published: March 1, 2017 |

Doodsroeper

Doodsroeper

Regular price R 250
Regular price Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Februarie, 1861. 'n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, lê Stilbos - 'n misterieuse bos sonder voëls, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, 'n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, 'n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense óm hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wél oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g'n snars nie. Dan is daar Nella Uys, 'n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min sê. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met 'n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar 'n hele klompie verrassings wag nog op hom ...

Author Rika Cloete

View full details