ISBN: 9780799383775 | Published: September 17, 2017 |
Die Dapper Muis
Die Dapper Muis
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis, en daar's niks waarvoor ek skrik nie. Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang, nee, daar's niks waarvoor ek skrik nie. En sê nou daar's 'n kat ...? Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se prettige liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim. Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies 'Die lappop', 'Die eensame krokodil' en 'Die dapper muis'.
Author Bettie Mischeiker
Illustrator Chris Venter
Share
