ISBN: 9780799383829 | Published: September 11, 2017 |
Kupido.com
Kupido.com
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Is jy gereed om die liefde van jou lewe te ontmoet?
Waarvoor wag jy? Sluit dadelik aan!
Léa kan dit nie help nie - die hoofseun, Philip Cronjé, laat haar hart tjoklits klop.
Philip is 'n regte Romeo. Hy het bruin oë, hy is slim en aantreklik - en hy het 'n meisie. Nie dat dit regtig saak maak nie, want Léa weet 'n ou soos Philip sal nie eens twee keer na 'n vaal, vervelige meisie soos sy kyk nie.
Maar dan skep haar beste vriendin, Kaylie, vir haar 'n vals profiel op Kupido.com, 'n kletskamer waar jy veronderstel is om die liefde van jou lewe te ontmoet. En kort voor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels - Philip!
Daar is net een probleem: Die meisie op die profiel het rooi hare, sy is 'n bikinimodel in haar vrye tyd, en sy is baie avontuurlustiger as Léa.
Hoe lank sal Léa dit regkry om Philip te flous?
'n Snaakse, romantiese debuutroman vir tieners deur 'n opwindende jong nuwe skrywerstem in Afrikaans!
Author Annabel Allers
Share
