Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799383836 | Published: September 7, 2017 |

Daar is nie `n krokodil in hierdie boek nie!

Daar is nie `n krokodil in hierdie boek nie!

Illustrator:Chris Venter
Regular price R 160
Regular price Sale price R 160
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Maak nie saak hoe hard jy soek nie - daar's nie 'n krokodil in hierdie boek nie. Daar is wel 'n mooi prinses, 'n dapper prins, 'n boontjierank, 'n reus, 'n ouma, 'n wolf, drie bere en 'n Goeie Fee. Maar 'n krokodil? Nooit! In hierdie prettige rymende prenteboekavontuur word die leser aan 'n klomp bekende en geliefde sprokieskarakters voorgestel - maar iets is nie heeltemal pluis nie ... Waarom is Aspoestertjie se voet so skubberig terwyl die prins die glasskoentjie probeer aanpas? Hoekom lyk dit asof Gouelokkies 'n lang groen stert het terwyl sy by die Drie Bere se huis insluip om aan hul pap te proe? En waarom is Rooikappie se ouma se vel so groen en vol skubbe? Kleuters sal versot wees op hierdie lekker lawwe nuwe prenteboek deur die bekroonde skrywer-en-illustreerder-span wat ook vir Waarvoor is seerowers bang? en Moenie die knoppie druk nie! verantwoordelik was.

Author Jaco Jacobs

Illustrator Chris Venter

View full details