ISBN: 9780799383850 | Published: August 10, 2018 | Paperback
Sanri Steyn 8: Die rustelose mummie
Sanri Steyn 8: Die rustelose mummie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Wat is die mummie se geheim?
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn.
Sanri hou nie juis van grillerige goed soos mummies nie. Maar sy is nogtans opgewonde toe sy hoor 'n rondreisende uitstalling met artefakte uit antieke Egipte gaan Raaiselfontein se museum besoek. Uiteindelik gebeur daar iets waaroor sy in haar koerant kan skryf!
Maar kort voor lank begin vreemde dinge gebeur. Hoekom lyk die mummie so vreemd op foto's? Waarom draai iemand snags die dorp se standbeelde in toiletpapier toe? En waarom raak die kurator van die museum en sy dogter elke aand onverklaarbaar aan die slaap? Sanri se neus begin kriewel. Kan dit wees dat die mummie lewend word? En wat wil hy hê? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ...
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Author Theresa van Baalen
Illustrator Johann Strauss
Share
