Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799383980 | Published: February 15, 2018 |

Mieke en die meerminne 3 Avonture in die dieptes

Mieke en die meerminne 3 Avonture in die dieptes

Illustrator:Samantha van Riet
Regular price R 160
Regular price R 0 Sale price R 160
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Mieke is mal oor meerminne.
Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies.
Maar Mieke weet hulle bestaan regtig.
En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste.
Prinses Luna is baie opgewonde toe sy uit die bloute 'n brief van prins Kadan kry. Hy is die meermin-prins van die Koraalkoninkryk - en op haar ma se verjaardagbal het hulle heerlik gedans. Daar is net een probleem: Luna se pa en Kadan se pa is aartsvyande!
Toe Luna besluit om vir Kadan in die Koraalkoninkryk te gaan kuier, wéét Mieke daar is moeilikheid op pad.
Kort voor lank trotseer hulle die donker dieptes van die oseaan waar allerlei skrikwekkende avonture op hulle wag - 'n storm, 'n donker kelpwoud, seeslange, skeepswrakke … en twee baie kwaai meerminkonings!

Author Miranda Jones

Illustrator Samantha van Riet

View full details