Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799384215 | Published: March 16, 2018 |

Knip, verf, plak

Knip, verf, plak

Regular price R 225
Regular price R 0 Sale price R 225
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunstenaars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak!
'n Versameling eenvoudige maar uitdagende, goedkoop handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met 'n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geïllustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. Elke aktiwiteit is eenvoudig en kan maklik toegepas word, en daarom gee dit jou jong kunstenaar se selfbeeld ook sommer 'n hupstoot!
Knip Verf Plak wys jou hoe om botteldoppie-ballonne, 'n stokkie-seerower, diereboekmerke, borrelplastiek-dinosourusse en veel, veel meer te maak. Tegnieke sluit in drukwerk, stempelwerk en eenvoudige collages - wat op slim maniere gebruik word vir fantastiese resultate!
Dit is pret om mooi goed van weggooigoed te maak, so kom ons spring weg en maak kuns!

Author Susie Brooks

View full details