ISBN: 9780799384550 | Published: May 1, 2017 |
Nie vir ma's nie
Nie vir ma's nie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Heruitgawe
Met dié boek word ma's tydelik uit die kombuis verban, want jou wederhelf en kinders is van plan om jou te bederf met heerlike kos wat hulle sonder hulp of te veel moeite voorberei het. "Nie vir Ma's nie" se resepte is maklik, beproef en het stap-vir-stap aanwysings wat enige groentjie gemaklik sal laat in die kombuis.
Die boek verskaf ook die nodige omskakelingstabelle en wenke en laat kinders toe om meer te leer oor die doel van kombuistoerusting.
Daar is heerlike resepte vir ontbyte, ligte etes, voorgeregte, kitskos, aandetes, bykosse, braai disse, nageregte, teetyd-versnaperinge en smulgoed vir smulpape. Buiten heerlike resepte, is daar ook 'n hele hoop wenke wat kosmaak sommer kinderspeletjies maak.
Hoofstukke
ï‚· Ontbytjolyt
ï‚· Haastige happies
ï‚· Pret met pasta
ï‚· Sorg vir aandete
ï‚· Bring en braai
ï‚· Groente en slaaie
ï‚· Perfekte poedings
ï‚· Bak en brou
Hierdie is 'n hersiene uitgawe met nuwe resepte
Author Karin Behm-Joubert
Author Daleen van der Linde
Share
