ISBN: 9780799384796 | Published: September 18, 2018 |
Retoer Pretoria - Provence
Retoer Pretoria - Provence
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence!
Retoer: Pretoria - Provence is 'n bundel van dié bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in 'n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met 'n ATKV-Mediaveertjie vereer is.
Dié “meisie van die suburbs”, soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld: Van haar jeugherinneringe - haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was - tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor 'n tiekieboks, die karre van haar kleintyd ('n bruin Opel en 'n geel kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang.
Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies”.
Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende, van die lyflike na die geestelike.
'n Tema wat soos 'n paar voetspore deur Retoer loop, is dié van reis: Die reis na heerlike, onbekende plekke en die meer onstuimige, dikwels vreesaanjaende reis na die self.
Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oë laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op 'n sielsreis neem.
Dit is Van der Vyver se eerste versamelbundel wat nie slegs in Provence afspeel nie, maar in al die plekke van haar jeug en volwasse lewe - van daar Provence én Pretoria in die titel. Die hoofstuktitels is ook die titels van haar vorige boeke, soos Wegkomkans en Misverstand, wat bydra tot die gevoel dat dit 'n reis is deur haar lewe.
Author Marita van der Vyver
Share
