Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780799385243 | Published: July 1, 2017 |

Vlindervlerke

Vlindervlerke

Regular price R 165
Regular price Sale price R 165
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Madagaskar is Ilana se volgende bestemming, waar sy foto's van modelle gaan neem. Al wat sy nog moet afhandel, is 'n ontmoeting met die vlieënier van 'n privaat vliegtuig wat haar en een van die modelle soontoe sal neem. Dit is in hierdie stadium wat sy 'n onaangename verrassing in haar en haar verloofde se woonstel kry en die verlowing summier beëindig voor sy die vliegtuig haal.
Maar die noodlot werk nie saam nie en Madagaskar is nie waar die ligte vliegtuig met Ilana, 'n model en die vlieënier neerstryk nie. Dit het verreikende gevolge ...
Terug in Suid-Afrika het Ilana meer as net haar verbreekte verlowing om te hanteer. Ou beloftes, haar voog se verswakte gesondheid en 'n sameloop van omstandighede bring haar onder die besef dat sy nie anders kan as om die verlowing te heroorweeg nie. Dié verwikkeling pas glad nie in by die gevoel wat sy en die vlieënier vir mekaar begin ontwikkel het nie, maar dit lyk nie asof sy 'n keuse het nie.
En so kom haar troudag al hoe nader terwyl haar hart huil oor 'n man wat haar hele lewe verander het. Ilana gaan blykbaar die onwillige verloofde bly wat byna van buite toekyk hoe haar toekomsdrome ineenstort.

Author Anna Penzhorn

View full details